Nuwe Beplanningskommissie kry sy opdragte

Loading player...
Die nuut aangestelde kommissarisse van die Nasionale Beplanningskommissie is opdrag gegee om die regering van grondige beleidsadvies en navorsing te voorsien wat sal verseker dat Namibië sy ontwikkelingsdoelwitte bereik. Die 19 kommissarisse moet fokus op die ontwikkeling van landbouwaardekettings, landbouverwerking en -vervaardiging; groenwaterstof, olie en gas; die kernbedryf, mynbou, toerisme en dobbelary. I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur in die Kantoor van die Eerste Minister, het meer.
21 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sokker: Bafana moet Afcon-sokkies optrek, sê Foster

Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om…
30 Dec 11PM 1 min

Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
30 Dec 6AM 1 min

Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine

Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
30 Dec 4AM 1 min

Trump waarsku Hamas: 'Duiwel gaan los wees'

President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump…
30 Dec 1AM 1 min

Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg…
29 Dec 11PM 1 min