Woord vir Vandag - 8 Sep 2025

Loading player...
“Daarom… moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.” 1 Tessalonisense 5:11 NLV

Jou aanmoediging kan ‘n verskil maak

By die 1996 Olimpiese Spele het almal van die gimnas, Kerri Strug, verwag om die goue medalje vir haar span te wen. Al wat sy moes doen, was om ‘n suksesvolle sprong te maak en Amerika sou die goud wen. Toe sy egter haar eerste sprong uitvoer, het sy haar enkel verstuit en kon skaars loop. Sy het geval en nie die telling behaal wat nodig was om te wen nie. Terwyl sy op die mat gesit het met trane wat oor haar gesig stroom, het sy om twee redes gehuil. Eerstens was sy in pyn. Tweedens kon sy geen manier insien hoe sy die telling kon opmaak om te wen nie. Sy het egter nog ‘n kans gehad om haar sprong uit te voer. Sy wou tou opgooi, maar haar afrigter het op die kantlyn gestaan en gesê: ‘Jy kan dit doen, Kerri!’ Sy het weer hinkepink na die beginpunt geloop. Ná die sprong het sy aan ‘n onderhoudvoerder verduidelik dat al wat sy kon doen om aan te hou, was om haar oë op haar afrigter te hou. Hy het haar daarvan weerhou om op die pyn in haar enkel te fokus. Sy het seergekry – sy het gehuil – maar haar afrigter het in haar geglo. Sy het krag wat sy self nie gehad het nie, uit sy aanmoediging geput. Selfs met die verstuite enkel het sy gehardloop en die sprong gedoen. Sy moes met een goeie enkel en een beseerde enkel die sprong en landing foutloos probeer doen. Sy het dit reggekry! Met haar afrigter se aanmoediging wat haar orent gehou het, het sy die onmoontlike gedoen. Haar telling was hoog genoeg om vir die Amerikaanse span goud te wen. Jou aanmoediging kan die verskil maak.
28 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min