Woord vir Vandag - 10 Sep 2025

Loading player...
“…Jesus [het] toe vir hulle gesê: ‘Kom julle nou self eenkant toe… en skep ‘n bietjie asem.’” Markus 6:31 NLV

Rus en ontspanning is noodsaaklik

Daar is ‘n goeie rede hoekom God ons opdrag gegee het om die Sabbat te onderhou – om te rus. As God na ses dae van kreatiewe aktiwiteit moes rus, hoeveel te meer moet ons nie! Jesus was ‘n groot voorstaander van rus. Hy het een keer sy dissipels op reis gestuur om die evangelie te gaan uitdra. Toe hulle terugkeer, vol energie en praatjies van al die ongelooflike wonderwerke wat plaasgevind het, sou mens dink Hy sou hulle verder uitstuur om die momentum te behou. Hy het dit egter nie gedoen nie. ‘Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: ‘Kom julle nou self eenkant toe… en skep ‘n bietjie asem.’ Hulle het toe per boot na ‘n stil plek vertrek…’ (verse 31-32 NLV). Let op dat daar ‘voortdurend mense gekom en gegaan het.’ Klink dit soos jou normale dag waar jy skaars kans het om asem te skep? Jesus was bekommerd dat sy dissipels nie meer balans sou kon handhaaf nie. Jesus het nooit rondgejaag nie, dit het nooit gelyk of hy deur die skare gepla of beheer word nie, Hy het sy prioriteite behou en altyd daarin geslaag om te voltooi wat Hy hom voorgeneem het om te doen. Jesus het geweet hoe belangrik rus en ontspanning vir sy dissipels se volgehoue effektiwiteit is. Dit vind egter nie sonder vasberadenheid en beplanning plaas nie. Jy moet sulke tye net so belangrik as enige ander onderneming beskou. Bid die volgende: ‘Vader, help my om rus ‘n prioriteit in my lewe te maak. Help my om op te hou om my liggaam oneer aan te doen, hierdie tempel wat U aan my gegee het om my doel hier op aarde uit te voer.’
28 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min