
Vakbond beskuldig SAPD-kollegas van diskriminasie
Loading player...
Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, Popcru, eis 'n dringende ondersoek na die diskriminerende praktyke by SAPD-opleidingskolleges regoor die land. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die afdelingskommissaris vir opleiding, Bongiwe Zulu, het in Bisho, in die Oos-Kaap vyf lede aan opleiding onttrek bloot op grond van hul gestremdheid. Hy sê Popcru is verder ontsteld oor die feit dat Zulu ook studente onttrek op grond van tatoeëermerke:

