Cosatu bang twis tussen ANC, SAKP verdeel werkers

Loading player...
Die president van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Zingiswa Losi, waarsku teen onenigheid binne die alliansie en doen 'n beroep op die ANC en SAKP om nie 'n wig tussen werkers in te dryf nie. Die SAKP het besluit as 'n onafhanklike party aan die 2026 plaaslike verkiesing deel te neem en voer as redes aan die ANC se mislukking en weiering om die alliansie in meer as 20 jaar te hervorm. Losi het by Cosatu se Sentrale Komitee-vergadering in Benoni die ANC en die SAKP aangemoedig om hulle probleme op te los:
16 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

2025: Landboujaar in oënskou

Die jaar staan einde se kant toe en landbou het op ‘n uitdagende noot begin. Die vorige seisoen het bo normale reën gelewer, tot die blydskap van boere reg oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat wat die jaar in oënskou neem.
28 Dec 1AM 1 min

Pantservoertuig met bom bestook in transito-roof in SA

Die polisie in Gauteng-polisie het begin soek na 'n aantal verdagtes wat Saterdagmiddag in 'n transito-rooftog by Thokoza, Ekurhuleni, betrokke was. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die gepantserde transito-voertuig het in Thokoza gery toe 'n wit Mercedes-Benz daarteen gestamp en dit laat omslaan het. Hy sê 'n groep verdagtes het toe…
27 Dec 11PM 1 min

Al meer tienermoeders in SA

Die departement van gesondheid sê die aantal tienermoeders het op Kersdag toegeneem van 90 in 2024 tot net meer as 130 vanjaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is volgens die volledige aangetekende aantal babas wat op Kersdag regoor die land in openbare gesondheidsfasiliteite gebore is. Hy sê…
27 Dec 5AM 1 min

Hewige storms saai verwoesting in KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thulasizwe Buthelezi, sê altesaam 125 huishoudings is in die Amajuba- en Umzinyathi-distrikte beskadig na hewige donderstorms 'n spoor van verwoesting gelaat het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê 'n gevaarlike weerstelsel wat gekenmerk is deur swaar reën, groot hael en…
27 Dec 3AM 1 min

Vasbyt-aksie op Walvisbaai vandag

Vandag brul die enjins aan die kus met die Weskus Vasbyt wat vanaf agt uur vir 'n volle dag van veldry-aksie by die Motorsportpark in Walvisbaai gaan sorg. Bianca Oosthuizen het meer:
26 Dec 11PM 1 min