Nust verleng raadslede se termyn

Loading player...
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het die termyn van sy eksterne raadslede tot 28 Februarie 2026 verleng. Dit volg op 'n kabinetsbesluit om 'n moratorium op raadsaanstellings vir staatsbeheerde ondernemings in te stel, hangende wysigings aan die Wet op die Bestuur van Openbare Ondernemings van 2019. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het meer.
18 Sep 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Al meer tienermoeders in SA

Die departement van gesondheid sê die aantal tienermoeders het op Kersdag toegeneem van 90 in 2024 tot net meer as 130 vanjaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is volgens die volledige aangetekende aantal babas wat op Kersdag regoor die land in openbare gesondheidsfasiliteite gebore is. Hy sê…
27 Dec 5AM 1 min

Hewige storms saai verwoesting in KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thulasizwe Buthelezi, sê altesaam 125 huishoudings is in die Amajuba- en Umzinyathi-distrikte beskadig na hewige donderstorms 'n spoor van verwoesting gelaat het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê 'n gevaarlike weerstelsel wat gekenmerk is deur swaar reën, groot hael en…
27 Dec 3AM 1 min

Vasbyt-aksie op Walvisbaai vandag

Vandag brul die enjins aan die kus met die Weskus Vasbyt wat vanaf agt uur vir 'n volle dag van veldry-aksie by die Motorsportpark in Walvisbaai gaan sorg. Bianca Oosthuizen het meer:
26 Dec 11PM 1 min

Oppas vir vals polisie- en munisipale beamptes

Nabootsingsfoefies is aan die toeneem reg oor die land. Misdadigers wat hulle as polisiebeamptes en munisipale amptenare voordoen, verkry toegang tot huise of mislei inwoners om geld te oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, Luke Salomo, gepraat wat berigte bevestig het van individue wat…
26 Dec 4AM 1 min

Nuwe BKS-gevalle in Oos-Kaap aangemeld

Die Oos-Kaapse LUR vir Landbou, Nonceba Kontsiwe, het boere opdrag gegee om nie diere te skuif nie, aangesien gevalle van bek-en-klouseer steeds in die provinsie aangemeld word. Sy sê 'n bevestigde geval is nou in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit opgespoor. Verdagte gevalle wat simptome toon wat ooreenstem met bek-en-klouseer, is…
26 Dec 4AM 1 min