
Huidige buitelandse beleggings skep nie werk nie
Loading player...
Direkte buitelandse belegging in Namibië beleef ‘n welkome bloeityd, maar dit is beperk tot olie-eksplorasie- en ander mynboubedrywighede, sê die gesoute ekonoom en medestigter van Cirrus Capital, Rowland Brown. Beleggings in ander sektore lyk als behalwe rooskleurig, het Brown tydens die Enhancing Namibia’s Competitiveness Through Ease of Doing Business Seminar gesê. Dit voorspel niks goed vir werkskepping nie:

