Hamas het drie tot vier dae om plan te aanvaar - Trump

Loading player...
Internasionaal en Amerikaanse president Donald Trump het Hamas 'n spertyd van drie tot vier dae gestel om te reageer op sy plan vir 'n einde aan die oorlog in Gaza. Hy het aan verslaggewers gesê dit sal 'n baie hartseer einde wees as Hamas die plan verwerp. Katar se buitelandse sake-ministerie sê die Palestynse groep is besig om die plan verantwoordelik te bestudeer. Die plan het ondersteuning gekry van lande in Europa, die Midde Ooste en Asië, maar daar is heelwat redes vir versigtigheid oor die sukses daarvan, verduidelik die BBC se John Sudworth:
30 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oppas vir vals polisie- en munisipale beamptes

Nabootsingsfoefies is aan die toeneem reg oor die land. Misdadigers wat hulle as polisiebeamptes en munisipale amptenare voordoen, verkry toegang tot huise of mislei inwoners om geld te oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, Luke Salomo, gepraat wat berigte bevestig het van individue wat…
26 Dec 4AM 1 min

Nuwe BKS-gevalle in Oos-Kaap aangemeld

Die Oos-Kaapse LUR vir Landbou, Nonceba Kontsiwe, het boere opdrag gegee om nie diere te skuif nie, aangesien gevalle van bek-en-klouseer steeds in die provinsie aangemeld word. Sy sê 'n bevestigde geval is nou in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit opgespoor. Verdagte gevalle wat simptome toon wat ooreenstem met bek-en-klouseer, is…
26 Dec 4AM 1 min

Rassie se Kersdag-stappie lok honderde

'n Groot feestelike skare het Donderdag saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus 'n Kersoggend-staptog langs die Blouberg-kus aangepak en 'n informele idee in 'n gemeenskapstradisie omskep wat al hoe gewilder word. Die ses-kilometer lange kusuitstappie, wat om sesuur die oggend buite 'n strandrestaurant in Bloubergstrand begin het, het honderde plaaslike…
26 Dec 2AM 1 min

Windhoek verwelkom vier Kersbabas

Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
26 Dec 12AM 1 min

Korrupsie 'het apartheid vervang in te veel regeringsfasette'

Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings…
26 Dec 12AM 1 min