SA aktiviste van Gaza-flottielje kom in Jordanië aan

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die veilige aankoms van die Global Sumud-flottielje se aktiviste in Jordanië aangekondig. Hy sê die Suid-Afrikaanse ambassadeur, Tselane Mokuena, was teenwoordig om die afvaardiging namens die land te ontvang. Lamola herbevestig die regering se opregte dankbaarheid aan alle belanghebbendes wat bygedra het tot die suksesvolle uitkoms deur hulle samewerking en ondersteuning. Hy sê daar word verwag dat die afvaardiging môreoggend op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng sal land:
7 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min

Gebruik myninkomste vir sosiale dienste: Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van…
25 Dec 4AM 1 min

Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met…
25 Dec 2AM 1 min

Onthou ware boodskap van Kersfees, vra pastoor

Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
24 Dec 10PM 1 min