Kongreslede looi Bondi in bitsige sessie

Loading player...
Oor na Amerika, en prokureur-generaal Pam Bondi, wat deur president Donald Trump gekies is om die departement van justisie te lei, moes in 'n soms bitsige sessie vrae in die Kongres antwoord oor politieke druk op die departement. Dit volg nadat Trump op sosiale media haar gedruk het om sy politieke teenstanders te ondersoek. Daar was ook onder andere vrae oor haar besluit om nie meer lêers rakende Jeffrey Epstein vry te stel nie. Toe sy deur die Demokratiese senator Dick Durbin van Illinois gevra is of die Withuis haar geraadpleeg het voor die Nasionale Wag na Chicago ontplooi is, het sy gesê dat sy geen interne gesprekke gaan bespreek nie. Luister na die sessie.
7 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min

Gebruik myninkomste vir sosiale dienste: Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van…
25 Dec 4AM 1 min

Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met…
25 Dec 2AM 1 min

Onthou ware boodskap van Kersfees, vra pastoor

Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
24 Dec 10PM 1 min