Woensdag Oggenddiens - Past Eugene du Randt

Loading player...
PSALMS 37
Laat jou lewe aan die Here oor
1Van Dawid.
Moet jou nie ontstel oor skelms
en jou kwel oor skurke nie,
2want soos gras vergaan hulle gou
en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
4Vind jou vreugde in die Here,
en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
5Laat jou lewe aan die Here oor
en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,
jou reg soos die helder lig van die middag.
7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou
en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,
moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
9Die skelms sal uitgeroei word,
maar dié wat hulle vertroue in die Here stel,
sal in besit bly van die land.
10Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;
'n mens sal hom soek waar hy was,
maar hy sal nie daar wees nie.
11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit
en hulle verlustig in hulle welvaart.
8 Oct 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

NUMERI 13 Kanaän word verken (Vgl. Deut. 1:19-25) 1Die Here het vir Moses gesê: 2“Stuur manne om Kanaän, wat Ek aan die Israeliete sal gee, te verken. Uit elke voorvaderlike stam moet jy een stuur wat 'n leier onder hulle is.” 3Op die bevel van die Here het Moses hulle…
12 Nov 1AM 12 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EKSODUS 3 7Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. 8Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat…
11 Nov 1AM 12 min

Maandag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

JEREMIA 17 9Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? 10Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen. 11'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê…
10 Nov 1AM 11 min

Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

JESAJA 57 Julle is 'n broeisel leuenaars 1Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; dié wat aan die verbond getrou is, sterf sonder dat iemand begryp dat dit deur die boosheid in die wêreld is dat die regverdiges sterf. 2Dié wat die reguit…
9 Nov 2AM 29 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JEREMIA 7 'n Vals vertroue op die tempel 1Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het: 2Gaan staan in die poort van die huis van die Here en roep daar hierdie woorde uit: Al julle Judeërs wat by hierdie poorte ingaan om die Here te dien,…
7 Nov 1AM 10 min