Borskankermaand - Rooibos kan help!

Loading player...
Met Oktober as Borskankerbewusmakingsmaand, is dit ’n tyd om weer ernstig stil te staan by die siekte wat jaarliks duisende Suid-Afrikaanse vroue raak. Vroeë opsporing kan oor lewe en dood besluit, maar gereelde selfondersoeke en mammogramme word steeds te min gedoen. Iemand wat aan die voorpunt van plaaslike navorsing staan, is dr. Nicky Verhoog, senior dosent in Biochemie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy ondersoek onder meer hoe faktore soos hormone — en selfs natuurlike stowwe soos Rooibos — borskanker kan beïnvloed. Ons gesels vandag met haar oor watter vorme van borskanker daar is, hoe vroue hulself kan beskerm, en wat die jongste wetenskap sê.
9 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min