Vrydag Oggenddiens - Past Eugene du Randt

Loading player...
PSALMS 34
Die Here is naby
1'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.
2Ek sal die Here altyd weer prys,
sy lof sal altyd op my lippe wees.
3Ek sal die roem van die Here sing;
dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4Sing saam met my oor die grootheid van die Here
en laat ons saam sy Naam prys.
5Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord,
Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,
hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7Ek is een van die ellendiges wat geroep het.
Die Here het gehoor,
uit al my benoudhede het Hy my gered.
8Die Engel van die Here slaan sy laer op
rondom dié wat die Here dien, en red hulle.
9Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!
Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.
10Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!
Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
11Selfs leeus ly gebrek en kry honger,
maar wie die Here se hulp vra,
kom niks kort van al die goeie dinge nie.
10 Oct 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

LEVITIKUS 6 12Die vuur op die altaar word aan die brand gehou; dit mag nie doodgaan nie. Die priester pak elke môre hout op die vuur, lê die brandoffer daarop en verbrand op die altaar die vet van die maaltydoffers. 13Die vuur moet aanhou brand op die altaar; dit mag…
17 Nov 1AM 12 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

2 KORINTIËRS 10 3Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. 4Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5en elke…
16 Nov 12PM 23 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

MATTEUS 25 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Luk. 19:11-27) 14“Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n…
16 Nov 2AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

LUKAS 15 Die gelykenis van die verlore skaap (Matt. 18:12-14) 1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3Toe vertel Jesus vir…
15 Nov 1AM 19 min