#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Loading player...
Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer oor sy groot skuif na Nieu-Seeland, hoe hy daar uiteindelik sy unieke klank gevind het, en die manier waarop hy nou die Afrikaanse kultuur aan ’n internasionale gehoor bekendstel. Hulle gesels ook oor die titel-lied en hoof enkelsnit “Jy Weet”, en vat dit terug na die ikoniese MK-era waar sy musiekreis begin het met "Hou My Vas".
7 Oct 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus met Venita - Wrakinjan | 15 Oktober

Daar is 'n nuwe band op die dorp en hulle KOOK!! Rudi Kleingeld en Arno Venter het kom draai by Venita op #ALTfokus om hulle band, 'Wrakinjan' se nuwe enkelsnit "Anderkant" op jou radar te sit! Hulle gesels meer oor die 4 manne in die band, die VIBES wat hulle…
15 Oct 25 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Mervy | 13 Oktober

Mervy het by Venita kom kuier om te gesels oor haar nuutste enkelsnit - ‘Love You’. Sy het al van ‘n baie jong ouderdom af geweet dat sy haarself gaan vestig in die wêreld van musiek en dis uiteindelik NOU haar tyd!!
13 Oct 18 min

#ALTFokus met Venita - Janie Bay & Deon Dee | 8 Oktober

Venita het vanaand die HOOF fokus op Jan Bloukaas gesit. Sy het met Janie Bay en Deon Dee gesels oor Jan Bloukaas: Vir Oulaas – ’n dokumentêr wat Jean se laaste maande, sy laaste album God Kan en die ongelooflike mens agter die musiek vasvang.
8 Oct 33 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Janie Bay & Deon Dee | 6 Oktober

Venita gesels met Janie Bay en Deon Dee oor die Jan Bloukaas: Vir Oulaas-dokumentêr, wat op 7 Oktober vrygestel is. Sy het die aand voor die groot première gaan inloer om uit te vind wat kykers kan verwag en wat hierdie besondere projek so spesiaal maak.
6 Oct 10 min