Voorgestelde staking van staatsamptenaar-aftrekkings wek kommer

Loading player...
Die finansministerie het openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die stelsel vir aftrekkings by staatsamptenare tot 28 Februarie 2026 verleng. FinFit Investments het 'n studie gedoen oor regeringsamptenare se persepsie en ervaring met die sisteem. Nagenoeg 83 persent van die staatsamptenare voorspel dat dit moeilik sal wees om by te hou met betalings as die stelsel eindig. Tydens die bekendstelling van die opname en die resultate van die opname het Francois Brand die mede-stigter van FinFit Investments 'n kort oorsig gegee oor van die bevindinge.
13 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min

Gebruik myninkomste vir sosiale dienste: Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van…
25 Dec 4AM 1 min

Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met…
25 Dec 2AM 1 min

Onthou ware boodskap van Kersfees, vra pastoor

Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
24 Dec 10PM 1 min