UDM-jeug vra optrede teen tienerswangerskappe

Loading player...
Die UDM se jeugorganisasie eis dat die regering 'n plan moet skep om die voortdurende toename in tiener- en kinderswangerskappe in Suid-Afrika aan te pak. Die woordvoerder, Zintombi Sododile sê volgens onlangse verslae het 31 000 meisies tussen 10- en 19-jaar-oud die afgelope jaar in KwaZulu-Natal geboorte gegee en meer as 23 000 tienerswangerskappe is in Gauteng aangeteken. Sy sê die beskerming van kinders moet 'n sigbare toets van die RNE se morele leierskap word:
14 Oct 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met…
25 Dec 2AM 1 min

Onthou ware boodskap van Kersfees, vra pastoor

Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
24 Dec 10PM 1 min

SA Raad van Kerke het nuwe hoop vir komende jaar

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wens lands- en streeksburgers ʼn vredevolle Kersfees toe saam met familie, en hernude hoop vir die jaar wat voorlê. Die raad se hoofsekretaris, Mzwandile Molo, sê hulle dink met dankbaarheid na oor 2025, maar is ook bekommerd oor die toestand in die land en die…
24 Dec 10PM 1 min

Kyk eerder na wette, infrastruktuur vir padveiligheid, Nekundi

Die IPC het vervoerminister Veikko Nekundi se plan om weerkaatsers op diere en hommeltuie te gebruik om die land se paduitdagings aan te spreek, gekritiseer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, kommer uitgespreek oor die stadige vordering van die Padveiligheidsbestuurswetsontwerp, wat sedert…
24 Dec 5AM 1 min