Woord vir Vandag - 16 Okt 2025

Loading player...
“Ek het julle gelouter…Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding.” Jesaja 48:10 NLV

Voel jy die hitte?

C.S. Lewis het gesê: ‘God fluister vir ons in ons plesier, praat in ons gewete, maar skree in ons pyn; dit is sy megafoon om ‘n dowe wêreld wakker te maak.’ Dit was in die smeltkroes van lyding wat die Psalmdigter Dawid gesê het: ‘Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u gebooie. Voor ek gely het, het ek afgedwaal, maar nou leef ek volgens u woord. U is goed en doen net wat goed is…’ (Psalm 119:66-68 NLV). Jy kom egter nie op die plek van oorgawe maklik of oornag nie. Dit neem tyd, ‘n bietjie geskop en geskree en ‘n paar remmerke op die plaveisel waar jy weerstand gebied het! God het vir Jesaja gesê om te profeteer: ‘Ek het julle gelouter…Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding… Ter wille van Myself…’ (Jesaja 48:10-11 NLV). Lyding is ‘n eensame ervaring; dis nie iets wat jy sal kies nie. Die digter Ella Wheeler Wilcox herinner ons: ‘There is room in the halls of pleasure for a large and lordly train, but one by one we must all file on through the narrow aisles of pain.’ Nietemin sê die Bybel: ‘Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus, wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in sý spore’ (1 Petrus 2:21 NLV). Daar is nie ‘n maklike manier om soos Jesus te word nie; dit verg ongemak en pyn. Die goeie nuus is egter dat jy nie alleen in die vuur is nie. God weet presies hoeveel hitte nodig is om jou tot by die plek te bring waar jy kan sê: ‘U is goed en doen net wat goed is.’ Jy mag dalk nog nie by daardie plek wees nie, maar jy beweeg nader daaraan.
15 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min