Woord vir Vandag - 17 Okt 2025

Loading player...
“…Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!” Jesaja 55:7 NLV

‘n Nuwe begin

Die D575A is die grootste stootskraper in die wêreld. Dis 5 meter lank, 7,6 meter breed, 12,5 meter hoog en weeg meer as 100000 kilogram. Dit is een keer in ‘n land waar daar ‘n oormaat vullis was wat die omgewing besoedel het, gebruik. Die stootskraper is ingevoer om ‘n gat groot genoeg te grawe om al daardie vullis bymekaar te maak, dit te begrawe en uit die inwoners se lewens te verwyder. God het by die kruis ‘n gat groot genoeg gegrawe om die sondes van die hele wêreld, in die verlede, hede en toekoms, bymekaar te maak en op sy Seun geplaas. Hy neem al sy Seun se sondelose volmaaktheid en geregtigheid en plaas dit op jou die oomblik wat jy jou vertroue in Hom plaas. ‘God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:21 NLV. Jy sê: ‘Maar ek het so erg misluk.’ ‘n Vuil diamant is steeds ‘n diamant; dit moet net skoongemaak word. Dis wat die bloed van Jesus vir ons doen (sien 1 Johannes 1:7). Die wonderlike van ‘n elektroniese sakrekenaar is dat wanneer jy ‘n verkeerde knoppie druk, alles nie verlore is nie. Jy hoef nie die probleem te ontknoop of op te los nie. Deur eenvoudig op ‘clear’ te druk, kan jy die berekening weer begin. ‘Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!’ (Jesaja 55:7 NLV). God staan gereed om jou te vergewe, jou te herstel en vir jou ‘n nuwe begin te gee.
15 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min