Woord vir Vandag - 18 Okt 2025

Loading player...
“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles…” Filippense 4:6 NLV

God se antwoord op angs (1)

Angs is die vloek van die moderne era, maar dis nie ‘n nuwe neiging nie. Jesus praat in die Skrif gereeld oor angs, stres en vrees. Hy sê in Matteus 6:25-27 (NVL): ‘…hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek. Is om te lewe nie baie kosbaarder as kos nie? En is ‘n mens se liggaam nie baie kosbaarder as klere nie? Hou die voëls in die lug dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie… Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie? Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek? Vanselfsprekend nie!’ Jesus het nie hierdie woorde gesê net om ons vrese en bekommernisse te verlig nie. Hy het ons beveel om nie angstig te wees nie, want dit toon ‘n gebrek aan geloof in God se getrouheid aan ons. Paulus skryf: ‘Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit sal dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas’ (Filippense 4:6-7 NLV). In plaas daarvan om toe te laat dat vrees en angs jou beheer, kan jy vrede ontvang deur jou bekommernisse in gebed na God te bring, Hom deur geloof te dank vir die antwoord en Hom te vertrou om dinge uit te werk. Wat gaan jy dus doen? Jou bekommer en kwel, of bid en vrede ontvang? Die keuse is joune.
15 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min