Woord vir Vandag - 19 Okt 2025

Loading player...
“Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.” Matteus 11:28 NLV

God se antwoord op angs (2)

Angsversteurings is een van die algemeenste geestesiektes. Dit was egter nooit deel van God se plan nie. Jesus het gesê: ‘Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry’ (Matteus 11:28-29 NLV). Wanneer osse langs mekaar in die lande werk, word hulle met ‘n juk saamgespan en deel die werkslading. Dis wat Jesus wil hê jy moet doen: om saam met Hom te werk. Kan jy aan enigiemand beter dink om jou lading mee te deel? Dit laat mens wonder hoekom ons so lank wag om sy aanbod te aanvaar! Hy gaan dan verder deur te sê: ‘En moenie oor kos bekommerd wees nie – oor wat om te eet en wat om te drink nie… julle Vader ken alreeds julle behoeftes. Hy sal daagliks vir julle alles gee wat julle nodig het, as julle die koningsheerskappy van God julle primêre belang maak’ (Lukas 12:29-31 NLV). Jesus gee ons die perfekte perspektief op die lewe. Jy kan nie een dag by jou lewe voeg deur jou te bekommer nie, maar jy kan dit definitief deur stres en angs verkort. Dink daaroor: Die voëls sit nie in die bome en bekommer hulself oor wat hulle môre gaan eet nie. Nee, hulle sing sonder enige sorge. Die lelies bekommer hulself nie oor hoe hulle gaan groei en of hulle genoeg reën gaan kry om te oorleef nie. God se hele skepping, behalwe die mens, het geen sorge in die wêreld nie. Aangesien jou hemelse Vader selfs meer vir sy mense omgee, kan jy seker wees dat Hy vir jou sal sorg.
15 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min