Woord vir Vandag - 20 Okt 2025

Loading player...
“Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme…” Spreuke 15:15 NLV

God se antwoord op angs (3)

Een Christelike skrywer sê: ‘Ek het eenkeer deur ‘n tydperk gegaan waar ek deur angs geteister was. Ek was vir geen spesifieke rede nie met vrees vervul. Ek het heeltyd gevoel of iets verskrikliks gaan gebeur. Uiteindelik het ek na die Here gegaan en Hom gevra wat my kwel. ‘n Rukkie later het ek Spreuke 15:15 (NLV) raakgeloop: ‘Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ‘n fees.’ Ek was net soos soveel ander mense. Ek was op soek na een of ander groot probleem wat my daarvan weerhou het om die lewe te geniet. Ek het alles so intens ervaar; ek het vir myself probleme geskep waar daar nie werklik probleme bestaan het nie. Een keer in ‘n vergadering het die Here vir my gesê om iets te sê. Blykbaar moes iemand anders dit ook hoor: ‘Hou op om ‘n groot ding uit niks te maak nie.’ Ek was vroeër die tipe mens wat sulke raad moes hoor. Ek kon berge van molshope maak. Ek moes leer om sommige dinge net te laat gaan - dit te vergeet en met my lewe aan te gaan. Sommige van ons raak ontsteld oor dinge wat eenvoudig nie die moeite werd is om oor ontsteld te raak nie - daardie ‘…klein jakkalsies wat die wingerde verniel…’ (Hooglied 2:15 NLV). As ons lewens daaruit bestaan om oor die een dingetjie na die ander ontsteld te raak, sal ons nie veel vrede of vreugde hê nie.’ Die woord vir jou vandag is dus - kweek ‘n gelukkige hart en begin om die lewe wat God vir jou gegee het, te geniet!
15 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min