Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
GENESIS 17
Die besnydenis as verbondsteken
1Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê:
“Ek is God die Almagtige.
Lewe naby My en wees opreg!
2Ek sal my verbond met jou sluit
en baie, baie mense uit jou laat voortkom.”
3Abram het op sy knieë geval, en toe sê God vir hom:
4“Dit is my verbond met jou:
jy sal die vader wees van 'n menigte nasies;
5jy sal nie meer Abram genoem word nie,
jou naam sal Abraham wees,
want Ek maak jou die vader van baie nasies.
6Ek sal jou baie vrugbaar maak,
Ek sal jou tot nasies maak,
en konings sal uit jou voortkom.
7“Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.
16 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

PSALMS 23 Die Here is my herder 1'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot…
2 Jun 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

PSALMS 23 Die Here is my herder 1'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot…
1 Jun 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Pastoor Deon Bosch

JOHANNES 14 Jesus gaan na sy Vader toe 1“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek…
31 May 1PM 37 min

Sondagoggend Erediens - Pastoor Deon Bosch

EFESIËRS 1 1Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. 2Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Lof aan God vir sy genade 3Aan God, die…
31 May 3AM 33 min

Saterdag Oggenddiens - Pastoor Deon Bosch

HEBREËRS 11 8Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. 9Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land…
30 May 2AM 22 min