Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
GENESIS 17
Die besnydenis as verbondsteken
1Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê:
“Ek is God die Almagtige.
Lewe naby My en wees opreg!
2Ek sal my verbond met jou sluit
en baie, baie mense uit jou laat voortkom.”
3Abram het op sy knieë geval, en toe sê God vir hom:
4“Dit is my verbond met jou:
jy sal die vader wees van 'n menigte nasies;
5jy sal nie meer Abram genoem word nie,
jou naam sal Abraham wees,
want Ek maak jou die vader van baie nasies.
6Ek sal jou baie vrugbaar maak,
Ek sal jou tot nasies maak,
en konings sal uit jou voortkom.
7“Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.
16 Oct 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

MATTEUS 25 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Luk. 19:11-27) 14“Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n…
16 Nov 2AM 27 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

LUKAS 15 Die gelykenis van die verlore skaap (Matt. 18:12-14) 1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3Toe vertel Jesus vir…
15 Nov 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

LUKAS 14 Jesus genees 'n man wat aan water gely het 1Op 'n sabbatdag toe Jesus na die huis van 'n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou. 2Reg voor Hom was daar 'n man wat aan water gely het. 3Jesus praat toe…
13 Nov 1AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

NUMERI 13 Kanaän word verken (Vgl. Deut. 1:19-25) 1Die Here het vir Moses gesê: 2“Stuur manne om Kanaän, wat Ek aan die Israeliete sal gee, te verken. Uit elke voorvaderlike stam moet jy een stuur wat 'n leier onder hulle is.” 3Op die bevel van die Here het Moses hulle…
12 Nov 1AM 12 min