Skole-aansoeke: is die syfers akkuraat?

Loading player...
Die Gautengse Departement van Onderwys het onlangs bekend gemaak dat 820 350 aanlyn aansoeke vir gr. 1- en gr. 8-plek ontvang is, maar net 358 574 van hierdie aansoeke was uniek. Sekere skole, soos Hoërskool Akasia en Hoërskool Langenhoven, het aansienlik meer aansoeke ontvang as waarvoor plek beskikbaar is. Solidariteit Skoleondersteuning het egter kommer uitgespreek oor die deursigtigheid en akkuraatheid van die syfers wat deur die departement bekend gemaak word, en die impak wat veelvoudige aansoeke op skole kan hê. Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by SOS, verduidelik hoe hierdie kwessies die druk op skole verhoog en die noodsaaklikheid van ’n sentrale stelsel om duplisering te verminder.
16 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min