Woord vir Vandag - 23 Okt 2025

Loading player...
“Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my…” Psalm 23:4 AFR53

Die ‘skaduwee’ kan jou nie seermaak nie

‘n Pastoor skryf: ‘Die groot prediker, dr Donald Grey Barnhouse, wie se eerste vrou gesterf het, was saam met sy kinders op pad huis toe na haar begrafnis. Een van die kinders het gesê: ‘Pappa, waar is mamma heen? Ek verstaan nie wat dit beteken dat sy dood is nie.’ Net toe kom ‘n vragmotor verby en gooi ‘n skaduwee oor hulle motor. Dr Barnhouse het geantwoord: ‘Kinders, sou julle liewer deur die trok getref word of deur die trok se skaduwee getref word? Wanneer julle sonder Christus sterf, word julle deur die trok getref. Wanneer mens egter saam met Christus sterf, word jy net deur die skaduwee getref.’’ Paulus skryf: ‘…ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies nie. Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder ‘n toekomsvooruitsig nie. Want as ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het, moet ons ook glo dat God dié mense wat gesterf het terwyl hulle in Jesus glo, saam met Jesus sal terugbring. Wat ons nou vir julle gaan sê, is ‘n uitspraak van die Here: Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie ‘n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie. Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ‘n bevel gee wat soos ‘n trompet van God klink. Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees…’ (1 Tessalonisense 4:13-18 NLV).
19 Oct 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min