
Van Zyl praat oor groter dwelmvondse in die land
Loading player...
NamPol het onlangs weer twee groot dwelmbeslagleggings gemaak. Twee mense is in Hentiesbaai gearresteer na groot hoeveelhede dwelms ter waarde van 618 910 Namibiese dollar in hul huis gevind is. Oor die naweek het Ariamsvlei-grensbeamptes dwelms van sowat 3,5 miljoen dollar onder 'n bruggie naby die grens gevind. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nampol se ouddwelmhoof, Hermie van Zyl, wat sê mense moenie pakkies vir ander mense vervoer nie, veral nie oor grense nie, as hulle nie weet presies wat in die pakkie is nie.

