GEE-week: Atterbury Trust rentevrye studiebeurslenings

Loading player...
#MidOggend met Sarina het met drie ongelooflike vroue gesels wat bewys dat drome werklik waar kan word – danksy die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief. 💫
Jacomien Rousseau het haar inspirerende storie gedeel – van beursstudent tot suksesvolle Geoktrooieerde Rekenmeester (CA). Sy is een van die eerste in haar familie met ’n universiteitsgraad – ’n ware bewys van deursettingsvermoë en hoop.
Leandri Koekemoer, tans ’n beursstudent, het vertel hoe sy uit moeilike omstandighede gekom het, maar haar drome nooit laat gaan het nie. Haar vasberadenheid om te studeer en ’n beter toekoms te bou, is waarlik inspirerend.
Danelle Strydom, projekte- en bemarkingskoördineerder by Atterbury Trust, het verduidelik hoe hierdie inisiatief nie net finansiële bystand bied nie – maar ook mentorskap, ondersteuning en die kans om deel te word van ’n groter gemeenskap wat in mekaar belê.
Met elke student wat hul lening terugbetaal, verander nóg iemand se lewe. 🌱
As jy ‘n bydrae wil maak en vir ‘n student die geleentheid gee om hulle drome te volg Whatsapp die woord “GEE” na 060 643 3877 en volg die maklike stappe!
27 Oct 2025 8AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min