
DBV se Animals by Night op 6 November vanjaar
Loading player...
Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek bied sy jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid, Animals by Night, op 6 November by die nuwe FNB-krieketveld in Olympia aan. Vanjaar se tema, Paws and Posh Masquerade, beloof 'n elegante aand met 'n optrede deur Riaan Smit, 'n stilveiling en 'n Art Slam deur Namibiese kunstenaars. Die geleentheid ondersteun die Dierebeskermingsvereniging Windhoek se belangrike werk in die redding, rehabilitasie en versorging van byna 4 000 diere elke jaar. Die Dierebeskermingsvereniging se nasionale direkteur, Silke Van Der Merwe, het meer.

