Trump beveel Pentagon om kernwapens te toets, na Russiese toets

Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump het die weermag gelas om onmiddellik toetse van Amerikaanse kernwapens te hervat ná 'n 33-jaar gaping. Die bevel is minute voor die aanvang van 'n vergadering met die Chinese president Xi Jinping uitgereik. Trump het gesê hy het die Pentagon opdrag gegee om die Amerikaanse kernarsenaal op 'n gelyke basis met ander kernmoondhede te toets. 'n Senior Russiese parlementslid sê Trump se besluit sal 'n nuwe era van onvoorspelbaarheid en konflik inlui. China se ministerie van Buitelandse Sake het die VSA versoek om te hou by 'n moratorium op kerntoetse. Trump het voor die bevel met joernaliste op Air Force One gepraat:
30 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Maak sakedoen in Namibië goedkoper'

Namibië is 104ste uit 190 lande geplaas op die Wêreldbank se Ease of Doing Business-ranglys. Dit is bewys van burokrasie en ander uitdagings om nie net ‘n besigheid te stig nie, maar ook sake te doen. In lande soos Rwanda betaal nuwe kleinbesighede niks om besighede te begin nie. Kosmos…
22 Dec 5AM 1 min

Tennis: Tweede loopbaantitel vir VSA se Tien

Die Amerikaner, Learner Tien, het sy tweede loopbaantitel ingepalm toe hy die Next Gen ATP-toernooi in Jeddah, Saoedi-Arabië, gewen het. Die 20-jarige het die Belg Alexander Blockx met 4-3, 4-2, 4-1 verslaan en daarmee wraak geneem vir sy tweede plek verlede jaar in dieselfde toernooi. Tien is slegs die derde…
22 Dec 4AM 1 min

VSA justisie werk deur duisende Epstein-lêers

Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, sê die departement van justisie sal voortgaan om materiaal uit die duisende lêers wat met die Jeffrey Epstein-ondersoek verband hou en sedert Vrydag vrygestel word, na te gaan en te redigeer. Die departement het ʼn paar nuwe lêers vrygestel, maar ook meer as tien ander…
22 Dec 3AM 1 min

Krieket: Australië nie in sak en as nie

Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span geloof, al het hulle die reeks om die As teen Australië verloor. Hy sê hulle mededingende gees bly egter ongeskonde. Australië het ʼn 3-0-voorsprong nadat hulle in Adelaide ʼn skitterende oorwinning van 82 lopies in die derde toets behaal het. Engeland gaan…
22 Dec 2AM 1 min

Swaar neerslae verwag; pasop vir kitsvloede!

Swaar neerslae word vandag in Omusati, Oshana, Kavango-Oos, Otjozondjupa en Khomas verwag en inwoners is teen die moontlikheid van kistvloede gewaarsku. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die buurland ook gemaan teen bogemiddelde reënval en storms in die komende dae. 'n Vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir hewige donderstorms oor die sentrale binneland,…
22 Dec 1AM 1 min