Woord vir Vandag - 14 Nov 2025
Loading player...
“Die tong het mag oor dood en oor lewe…” Spreuke 18:21 NLV
Spreek ‘lewe’ (1)
Maak seker dat jou woorde met God se Woord ooreenstem en stuur dan jou woorde op die pad waarvolgens jy wil hê jou lewe moet beweeg. Wat sê jy oor jou toekoms? Jou familie? Jou finansies? Jou gesondheid? As jy tans deur ‘n moeilike tyd gaan, moenie net bloot jou woorde gebruik om jou situasie te beskryf nie, gebruik dit om jou situasie te verander. Wanneer dit wat jy sê in lyn is met dit wat God sê, gee jy lewe aan jou geloof. Begin dus om te sê: ‘Ek kan alles deur Christus doen. Ek is geseënd. Ek is sterk. Ek is gesond.’ Wanneer jy so praat, spreek jy seën oor jou lewe uit. Begin om jou woorde in die rigting waarin jy jou lewe wil laat beweeg, te spreek. Miskien is jy teleurgestel. Miskien het ‘n verhouding geëindig. Miskien het jy nie die bevordering gekry nie. In plaas daarvan om te kla en te sê: ‘Wel, wat het ek verwag? Ek wen nooit,’ moet jy eerder verklaar: ‘Ek besef dat wanneer een deur toegaan, God ‘n ander deur oopmaak. Wat veronderstel was om my kwaad aan te doen, sal God ten goede gebruik (sien Genesis 50:20). Ek sal beter hieruit kom as wat ek voorheen was (sien Romeine 8:28). Wat jy oor jouself sê, is belangriker as wat enigiemand anders oor jou sê. Die woorde wat uit jou mond uit gaan, gaan direk in jou ore in en skep uiteindelik dieselfde beeld aan die binnekant. Begin dus God se Woord oor jou situasie spreek. Met ander woorde, spreek ‘lewe.’