Woord vir Vandag - 28 Nov 2025

Loading player...
“Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak...” Matteus 9:36 NLV

Hy het ontroerd geraak

Het God vir hom gesê om in Londen te bly, eerder as om na China toe te gaan? Toe Thomas Barnardo na Londen gekom het om opleiding in sendingwerk te kry, het ‘n tienjarige kind hom ‘n dak gewys waar elf hawelose seuns elke nag geslaap het. Barnardo het ‘ontroerd geraak,’ en probeer om vir hulle tydelike blyplek te kry. Ander middernagtelike reise het nog hawelose kinders te voorskyn gebring. China moes wag; God het Londen vir hom gegee. Barnardo het ongeveer drieduisend eksemplare van die Skrif in kroeë en markplekke verkoop om geld vir sy werk onder die kinders in te samel. Hy is dikwels vervolg omdat hy hulle verdedig het en het selfs fisiese beserings opgedoen. Toe ‘n cholera-epidemie Londen in 1866 tref het hy onvermoeid gewerk, net om duisende te sien sterf. Sommige sou moedeloos tou opgegooi het, maar nie Barnardo nie. Hy het uiteindelik ‘n Home for Destitute Boys en later ‘n Village for Girls, geopen. Gedurende die volgende paar dekades het hy verskeie huise en dorpies gebou wat meer as sestigduisend weerlose en hawelose kinders versorg het. Gelukkig het hy lank genoeg gelewe om te sien hoe sewentien van die jongmense wat hy gered het, die bediening betree en die evangelie na vreemde lande geneem het. Jy vra: ‘Hoe kan ek seker wees dat God my vir ‘n spesifieke behoefte roep?’ Omdat jy ontroerd sal raak. ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ‘n wagter wat na hulle omsien. Daarop sê Hy… ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’’ (verse 36-38 NLV).
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min