Ombud se fokus op hekseryverwante misbruik, verwelkom

Loading player...
Die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, het die Ombudsman se besluit om hekseryverwante misbruik aan te spreek, verwelkom en dit 'n stap in die regte rigting genoem. Holtzhausen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat meer bewustheid dringend nodig is om die vrees, stigma en geweld wat met hekserybeskuldigings verband hou, te beëindig, en om gemeenskappe te help om die impak op geestesgesondheid en menseregte te verstaan.
10 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min