Alcaraz begin op wennoot in Turyn

Loading player...
Die topgekeurde Carlos Alcaraz het sy strewe na ʼn eerste ATP-jaareindtoernooi-titel en die eerste plek op die wêreldranglys in Turyn, Italië, op ʼn wen-noot afgeskop. Die 22-jarige Spanjaard het die Australiër, Alex de Minaur, geklop in sy eerste Jimmy Connors-groepwedstryd. In die Bjorn Borg-groep het die tweemalige wenner, Alexander Zverev, ook goed begin en die Amerikaanse nuweling Ben Shelton verslaan. Alcaraz sê hy is gemotiveer om hierdie toernooi te wen:
10 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min