Khampepe-kommissie begin waar WVK opgehou het

Loading player...
Die woordvoerder van die Waarheid- en Versoeningskommissie, Lionel Adendorf, sê die Khampepe-kommissie van ondersoek sal help om afsluiting te bring vir 25 gesinne wat steeds geregtigheid soek. Die kommissie begin vandag met sy werk in Johannesburg en ondersoek beweerde politieke inmenging in apartheidsera-vervolgings. Adendorf sê dit is noodsaaklik om te bepaal waarom die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie nie opgetree het na die aanbevelings van die Waarheid- en Versoeningskommissie nie. Hy het die noodsaaklikheid beklemtoon om grondwetlike verpligtinge en verantwoordbaarheid te handhaaf:
10 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min