VSA hef sommige sanksies teen Sirië op na Withuis-ontmoeting

Loading player...
Die VSA het sanksies teen Sirië gedeeltelik opgeskort na die besoek van tussentydse president Ahmed al-Sharaa aan Washington. Dit was die eerste besoek aan die Withuis deur 'n Siriese staatshoof sedert die land se onafhanklikheid in 1946. Die VSA het 'n 180-dae-opskorting van sommige sanksies ingevolge die Caesar-wet aangekondig, wat Sirië se energiebedryf teiken en buitelandse beleggers afskrik om kontrakte vir die land se na-oorlogse heropbou te onderteken. Die Amerikaanse president Donald Trump het Al-Sharaa 'n baie sterk leier genoem:
11 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min