Boere moet jaarlikse bonusse betaal as dit voorheen gedoen is

Loading player...
Ons nader vinnig die einde van die jaar, wanneer baie werkers hul jaarlikse verlof neem en ook hul bonusse ontvang. Werknemers is geregtig op ten minste vier weke betaalde vakansieverlof vir elke 12 maande diens, volgens die Arbeidswet. Die betaling van jaarlikse bonusse is ’n algemene praktyk in die meeste arbeidsektore, insluitend landbou, alhoewel dit nie deur die Arbeidswet voorgeskryf word nie. Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof van die Landbouwerkgewersvereniging verduidelik waarom bonusse betaal moet word as dit 'n gereelde instelling is.
11 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min