Batoyi bevestig intelligensie oor NVG-infiltrasie

Loading player...
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het bevestig dat sy vertroulike intelligensie ontvang het oor pogings om die Nasionale Vervolgingsgesag te infiltreer. Batohi het voor die parlementêre ad hoc-komitee getuig dat sy die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, en president Cyril Ramaphosa ingelig het nadat sy deur 'n intelligensie-agentskap gewaarsku is. Sy het beklemtoon dat die meeste aanklaers toegewy is aan die oppergesag van die reg, maar sê 'n aanklaer wat verdink word, is hangende 'n ondersoek geskors:
11 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Artikel 22-komitee stook godsdiensvure in SA

Die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, sê die liggaam sal voortgaan om die Artikel 22 ad hoc-komitee te ondersteun en verwerp bewerings dat bestaande wette voldoende is. Die komitee, met die opdrag om godsdienstige en kulturele…
21 Dec 3AM 1 min

Gekaapte geboue toenemend 'n krisis in SA

Chad Thomas van IRS Forensic Investigations sê die verskuiwing van onwettige inwoners uit gekaapte geboue het 'n groeiende krisis geword. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika na die moord op Warrick “DJ Warras” Stock, waarsku Thomas die owerhede weet watter geboue om te teiken, maar versuim om op te tree…
21 Dec 2AM 1 min

Sokker: 'Afcon kan solidariteit bevorder'

Die Soil of Africa-voorspraakbeweging het die Afrikabekertoernooi verwelkom as 'n kragtige platform vir eenheid, vrede en ekonomiese integrasie in Afrika. Die openingseremonie vind vandag plaas. 'n Woordvoerder, King Bongani Ramontja, sê sokker het in die verlede gemeenskappe bymekaar gebring en kan solidariteit op die vasteland bevorder. Hy vra leiers om…
21 Dec 1AM 1 min

SA soek strenger strawwe vir dronkbestuur

Die woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, Simon Zwane, sê strenger strawwe vir dronkbestuur gedurende die feestyd sal 'n rol speel in die vermindering van padsterftes. Meer as 2 000 bestuurders is reeds van die land se paaie verwyder sedert die begin van Desember. Alkohol dra by tot ongeveer 30 persent van…
21 Dec 12AM 1 min

Beesvleispryse skud Suid-Afrikaners se sak

Die Nasionale Landboubemarkingsraad sê beesvleispryse bly hoog hierdie feestyd, gedryf deur hoë aanvraag en bek-en-klouseergevalle. Die raad se ekonoom, Thabile Nkunjana, het aan Newzroom Afrika gesê verminderde slagvoorrade het rooivleispryse skerp opgestoot. Ten spyte van die feit dat inflasie in November tot 3,5 persent gedaal het, het vleispryse op 'n…
20 Dec 11PM 1 min