Begroting moet fokus op infrastruktuur, werkgeleenthede en voedselprogram - GOOD

Loading player...
Die GOOD-party sê terwyl Suid-Afrika se ekonomie beskeie tekens van herstel toon, bly armoede en honger steeds 'n ernstige bron van kommer. Die party waarsku voor vandag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, stadige ekonomiese groei en beperkte maatskaplike verligting laat sukkel baie Suid-Afrikaners om voedsel en basiese behoeftes te bekostig. Brett Herron van die GOOD-party doen 'n beroep op die regering om te fokus op besteding op infrastruktuur, werkgeleenthede en 'n nasionale voedselprogram vir die kwesbaarstes:
12 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min