Daar's gevare in olie- en gaslisensiëringsoordrag aan NNN

Loading player...
Die tussentydse energieminister, Frans Kapofi, het voorgestel dat alle lisensiëringsbevoegdhede in die land se olie- en gassektor aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah oor te dra. Die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet, wat dringend in die parlement ter tafel gelê is, kom te midde van onlangse uitvoerende geskille oor beheer van die winsgewende sektor. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku beleidsontleder Marius Kudumo dat die skuif gevare inhou.
12 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min