Enoch speek nie dieper probleme in begroting aan nie

Loading player...
TLU SA kritiseer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring omdat dit fiskale syfers aanspreek, maar nie Suid-Afrika se dieper probleme aanpak nie. Bennie van Zyl van die organisasie sê misleide beleid, ondermynde eiendomsregte, politieke aanstellings bo kundigheid, en institusionele verval, bly onaangespreek. Van Zyl sê alhoewel daar skuldstabilisering en infrastruktuurplanne is, meen TLU SA dat volhoubare groei afhang van duidelike beleid, verantwoordbaarheid, vryemarkbeginsels en bekwame, en die kundige bestuur van staatsinstellings:
13 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min