SA beleef natste Oktober in 31 jaar

Loading player...
Terwyl Namibië oor goeie neerslae ontvang het sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens dele van Suid-Afrika het die natste Oktobermaand in 31 jaar beleef, met verskeie gebiede wat ver bo die gemiddelde reënval ontvang het. Meteoroloog Andre Fourie sê sommige stasies het meer as vier keer hul tipiese Oktober-syfers aangeteken, terwyl ander hul natste Oktober in meer as drie dekades aangeteken het. Alhoewel sommige streke mionder as normale reënval gesien het, beklemtoon gelokaliseerde uiterstes beduidende wisselvalligheid regoor die land aan die begin van die somerreënseisoen:
13 Nov 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beesvleispryse skud Suid-Afrikaners se sak

Die Nasionale Landboubemarkingsraad sê beesvleispryse bly hoog hierdie feestyd, gedryf deur hoë aanvraag en bek-en-klouseergevalle. Die raad se ekonoom, Thabile Nkunjana, het aan Newzroom Afrika gesê verminderde slagvoorrade het rooivleispryse skerp opgestoot. Ten spyte van die feit dat inflasie in November tot 3,5 persent gedaal het, het vleispryse op 'n…
20 Dec 11PM 1 min

Limpopo-sakeman lewenslank tronk vir moord op vrou

Die Hooggeregshof in Polokwane het 'n sakeman van Limpopo, Rameez Patel, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou, Fatima, in 2015. Hy het ook vyf jaar ontvang vir die onwettige besit van 'n vuurwapen en drie jaar vir ammunisie. Regter Joseph Raulinga het bevind Patel het geen…
20 Dec 5AM 1 min

Waghond kry weerstand van kerkleiers in SA

Die Artikel 22 ad hoc-komitee sê hy ondervind weerstand van sekere kerkleiers te midde van sy ondersoek na misbruik, skadelike praktyke en swak regulering in die godsdienssektor. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het die komitee gestig met die doel om…
20 Dec 3AM 1 min

Tekort van meer as 2 000 polisiebeamptes in Wes-Kaap

Die DA sê die Wes-Kaap het 'n tekort van meer as 2 000 polisiebeamptes, wat beteken gemeenskappe word nie beskerm nie en is in gevaar. Volgens die party is slegs 12 908 uit 'n totaal 15 000 goedgekeurde beamptes aktief, en 471 polisievoertuie is buite werking. Benedicta van Minnen van…
20 Dec 2AM 1 min

Minder omkopery met bestuurslisensies, sê RA

Omkopery om leerling- en bestuurderslisensies te kry, blyk aan die afneem te wees, sê die Paaie-owerheid. Volgens RA-woordvoerder Hileni Fillemon was vervalste lisensies in die verlede ‘n groot probleem met sindikate wat dokumente vervals het. Bykomende veiligheidskenmerke op nuwe lisensies vergemaklik die uitken van vervalste dokumente, sê sy. Fillemon het…
20 Dec 1AM 1 min