Sentralisering van olie en gas beheer kan lei tot misbruik

Loading player...
Reaksie word ontvang op die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet wat beheer oor Namibië se olie- en gassektor te sentraliseer onder die president. Die stap is daarop gemik om besluite te versnel en 'n toegewyde regulatoriese eenheid vir die stroomop-bedryf in die Presidensie te vestig. Die eenheid sal ‘n direkteur-generaal hê en alle besluite sal berus by hom of haar. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat, Graham Hopwood wat sê die tekens was daar dat sy dit sou doen. Hy sê verder hy glo president Netumbo Nandi-Ndaitwah se bedoeling is goed maar kan wel in die toekoms deur toekomstige presidente misbruik word.
13 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min