Aansoeke vir sonkrag-omwentelingsfonds is oop

Loading player...
Die energieministerie nooi aansoeke uit vir sy Sonkrag-omwentelingsfonds, wat bekostigbare lenings bied om toegang tot skoon energie te bevorder. Sedert 2010 het die fonds meer as 5 700 hernubare energiestelsels gefinansier, en meer as 176 miljoen Namibiese dollar landwyd belê. Namibiërs kan nou aansoek doen vir lenings van tot 150 000 dollar vir kragnetwerkverbindings, 95 000 dollar vir klein besighede, en tussen 35 000 en 60 000 dollar vir sonkraggeisers, waterpompe en huisstelsels. Die lenings is teen 'n vaste rentekoers van 5 persent, terugbetaalbaar oor vyf jaar. Ministerie-woordvoerder Ten Hasheela het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat vir meer.
13 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min