Net 130 vlugtelinge van Gaza is nog in SA

Loading player...
Die Grensbestuursowerheid sê die 153 Palestyne wat as asielsoekers na Suid-Afrika gereis het, kan 'n 90-dae visum kry om in die land te reis. Die vlugtelinge was gister 12-uur lank op OR Tambo Internasionale Lughawe gestrand nadat hulle aanvanklik toegang geweier is omdat hulle nie die nodige vertrekstempels in hul paspoorte gehad het nie. Hulle het die vliegtuig verlaat nadat Gift of the Givers onderneem het om die reisigers te huisves. Mmemme Mogotsi van die owerheid sê 23 van die 153 passasiers het die land reeds verlaat:
14 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min