Mikrolenerskuld groei, huishoudings leen te veel

Loading player...
Volgens Namfisa se kwartaallikse verslag het die mikroleningsektor se leningsboek teen Maart vanjaar 7,6 miljard Namibiese dollar bereik, wat deur 259 266 mense verskuldig is. Termynleners, wat hul lenings oor 'n vaste tydperk van maande of jare terugbetaal, het 61 persent van die bedrag geskuld. Korttermyn- of betaaldagleners is verantwoordelik vir die oorblywende 39 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat wat sê die probleem lê by families wat meer spandeer as wat hulle kan bekostig.
14 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min