SAPD behaal groot sukses met onwettige goedere

Loading player...
Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand tydens onlangse landwye arrestasies. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê oor die afgelope twee weke het multidissiplinêre polisiespanne lasbriewe vir deursoeking en beslaglegging bedien op winkels en bergingsfasiliteite in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap. Sy sê dit het gelei tot die beslaglegging van meer as 800 000 nagemaakte en onwettige items:
17 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min