Taxi-vereniging reageer op moontlike verdubbeling in brandstofheffing

Loading player...
Daar is kommer oor die Padfondsadministrasie wat beplan om die brandstofheffing van 2 Namibiese dollar 6 sent per liter na 4 dollar 46 sent te verhoog. Dit kan gewone motoriste tot 300 dollar meer maandeliks uit die sak jaag, en vir koeriermaatskappye, taxi’s en vragvervoer, tot 900 dollar meer per maand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pendapala Nakathingo, die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging.
18 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gobabis vra hulp na swaar reën

Gobabis het nes Okahandja, Donderdag swaar reën ervaar en talle huise is oorstroom. Die A, B, en C Kanaan nedersettings het die grootste skade rapporteer. Gemeenskappe kort dringend hulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate gepraat.
24 Apr 3AM 1 min

DA verwelkom Masemola-skorsing

Die DA verwelkom die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se voorlopige skorsing en sê dis ʼn noodsaaklike stap om die amp se integriteit te beskerm. Masemola het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van ʼn SAPD-gesondheidsdienskontrak van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Medicare24. President Cyril Ramaphosa…
24 Apr 3AM 1 min

Kapofi sê oor VSA-vliegdekskip

Verdedigingminister Frans Kapofi het die parlement gerusgestel dat 'n Amerikaanse kernaangedrewe vliegdekskip wat tans langs Namibië se kus vaar, buite die land se territoriale waters bly en in ooreenstemming met internasionale maritieme reg optree. Daar word verwag dat die skip by 'n groeiende Amerikaanse vlootteenwoordigheid in die Arabiese See sal…
24 Apr 3AM 1 min

El Niño is hier

Volgens AMT se jongste weervoorspelling word bykomende reënval verwag in beide die somer- en wintergraanstreke tot einde Mei en vroeg in Junie. Weerkenner Johan van den Berg dui aan dat La Niña-toestande verdwyn het, terwyl El Niño begin ontwikkel.
24 Apr 3AM 1 min

Kuberveiligheid: So lyk die swartmark

Die drie-dae Namibiese Internasionale Kuberveiligheidskonferensie en -uitstalling 2026 vind tot vandag plaas in Windhoek, onder die tema "Die beveiliging van Afrika se digitale toekoms: Innovasie, veerkragtigheid en soewereiniteit". Die konferensie het ten doel om die toenemende kuberveiligheidsbedreigings aan te spreek wat Namibië en Afrika in die gesig staar namate digitale…
24 Apr 2AM 1 min