Aktualiteit: kommer oor nuwe regulasies vir die skoonheidsbedryf

Loading player...
Solidariteit waarsku dat die voorgestelde regulasies van die Departement van Gesondheid die somatologie- en skoonheidsbedryf in Suid-Afrika kan ontwrig, ondernemings in gevaar kan stel en tot groot werksverliese kan lei. Volgens Johan Roos, netwerkkoördineerder van Solidariteit se kommunikasienetwerk, kan oorregulering die bedryf kunsmatig versplinter en klein ondernemings versmoor. Solidariteit versamel tans insette en beplan om ʼn formele beswaar aan die regering te oorhandig.
19 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min