Saterdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
MARKUS 10

Jesus genees die blinde Bartimeus
(Matt. 20:29-34; Luk. 18:35-43)
46Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en sy dissipels en 'n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar 'n blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad. 47Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”
48Baie mense het met hom geraas en gesê hy moet stilbly. Maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”
49Jesus het gaan staan en gesê: “Roep hom nader.”
Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy roep jou.”
50Hy het sy bokleed net daar gelos en opgespring en na Jesus toe gegaan. 51Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
“Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.”
52Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.”
Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.
22 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min