Nehawu verwerp 9,8% styging in staat se mediese fonds

Loading player...
Die vakbond Nehawu verwerp die verhoging van 9,8-persent in lede se bydrae tot die mediese fonds vir regeringsamptenare vir volgende jaar. Volgens die fonds is die aanpassing 'n nodige belegging om sukses te verseker en waarde en bestendigheid vir meer as 2,4-miljoen lede te verseker. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê die besluit ignoreer die feit dat die fonds lede se bydraes die afgelope twee jaar met meer as 25-persent verhoog het sonder om werkers se finansiële uitdagings in ag te neem:
20 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G'n parool vir Leigh Matthews-moordenaar

Donovan Moodley, wat 'n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50 000 rand wat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die…
20 Dec 12AM 1 min

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min