Woord vir Vandag - 3 Des 2025
Loading player...
“…Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.” Filippense 4:7 NLV
Vrede wat die verstand te bowe gaan
Maak nie saak waarmee jy sukkel nie, dis goed om te onthou: ‘Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.’ Lorie Newman skryf: ‘Ek het daardie vrede ontvang toe my man sy werk verloor het. Ons moes nou met net een inkomste ons sewe kinders grootmaak en ons verband en rekeninge betaal. Sal ons ons huis verloor? Hoe kan ons ons groot gesin voed? Hierdie vrae het my gedagtes soos verstikkende rook vertroebel. Te midde van hierdie emosies het God egter lewe in my bekommerde hart gespreek. Werkloosheid was vir byna twee jaar ons werklikheid. Die waarheid van God se Woord het egter dag vir dag, stap vir stap, die wanhoop begin oorskadu en ek het ongelooflike vrede gehad! God se Woord het soos nog nooit tevore lewendig geword nie, terwyl ek deur die onstuimige waters van daardie rowwe seisoen van die lewe gevaar het. Ek het voorheen gelees dat God my voorsiener is, maar ek het Hom as my voorsiener begin ken en ervaar! Wat ‘n tyd van verskriklike stres moes gewees het, het ‘n plek van vrede geword.’ Wanneer probleme opduik, is ons natuurlike neiging om paniekerig te raak. Wanneer ons dit doen, maak ons die deur vir die Vyand oop om ons van die pad af te stoot en ons te vikitimiseer. Neem hierdie woorde van Jesus ter harte: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie’ (Johannes 14:27 NLV).